Ons almal sit met items in ons huis waarvan ons graag ontslae wil raak – Nou kan jy!!
Ons is twee skoonsussies van Malmesbury wat eendag om ‘n koppie koffie sit en gesels het, toe een van ons kla oor ‘n gholfstel wat soos ‘n wit olifant die huis vol lê. Toe sê die ander een sy ken toevallig ‘n vrou wat vroëer saam met haar gewerk het wat ‘n vroue gholfstel soek. En … TING!!!!!! … so het BoesemBuddies ontstaan.
Nou kan julle vra: "Hoekom BoesemBuddies?" Omdat ons buddies was voor ons skoonsusters geword het en BoesemSkoonsusters klink net nie reg nie.
Ons het besef dat daar in ons omgewing ‘n behoefte is aan ‘n goeie afsetplek vir almal se wit olifante.
Neem net ‘n foto van jou wit olifant artikel en e-pos dit vir ons saammet info en prys. Ons sal dit vir jou adverteer op BoesemBuddies @ ‘n klein kommissie wat ons by die prys sal voeg. In ons ervaring kry die items wat verkoop, deur ons kennis- en vriendskapsnetwerke altyd sy weg na sy nuwe tuiste sonder te veel drama. Ons hanteer dus elke transaksie soos hy kom.
Ons plaas gedurig nuwe wit olifant-info op ons webtuiste, so maak vir jou ‘n koppie koffie, kom kuier op ons webwerf en kyk wat jy vir ‘n appel en ‘n ei kan opspoor. Ons sal jou ook gedurig ophoogte hou van die “wel en weë” van BoesemBuddies, soos die keer met die aandrokke, toe ons by gebrek aan ‘n model, een van ons vriendinne omgekoop het met ‘n afslagprys vir die gholfstel om model te speel…….”
Gaan loer by “Te Koop” vir items wat te koop is.
En “Ons soek”, vir items wat ons kliënte soek.
Dalk is dit wat hulle soek ‘n wit olifant in jou huis.
Ons het ook ‘n “Snoepie” wat af en toe oor lekkernye soos heerlike outydse gemmerkoekies beskik.
Ons hoop jy word ‘n buddie van BoesemBuddies
Ons Storie











Wit Olifante