You are here: Home Stories

Wit Olifante

Stories

Dons-Dons vat een vir die span.

“Niggie-goed gaan trou!” skreeu ek vir skoonsus oor die telefoon.  “Met wie?” hou skoonsus haar nog snaaks.  Dis hoe die hele storie van Dons-Dons begin het.

Maar om die storie ten volle te verstaan, sal ek eers moet verduidelik wie Dons-Dons is en hoe hy in die prentjie pas.

 

Sober Uil, die veld muis en die wit olifant

Sober Uil is my en Skoonsus se neef.  Hy het homself die naam besorg in sy “storm-en-drang-jare” op Stellenbosch.  Hy’t na sy ouers as die Uile begin verwys aangesien hulle hom snags, as hy van wie weet waar af by die huis kom, soos uile op die bed se styl vir hom sit en wag het.  Dan het hulle, met koel ronde oe vir hom gese: “Hoe-hoe laat is dit?”

So het die res van die familie toe later vir elke Uil sy eie naam gegee.  Sy ma is Nonnietjies Uil, sy pa, Hoof Uil en hy…Sober Uil.

Sober Uil is baie geliefd en het ‘n baie mooi persoonlikheid, maar is eers tot sosiaal aanvaarbaar getem toe hy sy vrou ontmoet het.  Al het ons hom almal met ons hele harte lief, moet almal naby aan hom, erken dat hy ‘n ligte vorm van die een of ander soort obsesiewe afwyking het…

 

NorthStars word wit olifante

Die BoesemBuddies het ’n engelse vriendin.   Sy het onlangs saam met haar gesin getrek na ’n klein  dorpie.  Haar kinders is nog in die laerskool en omdat hulle Engelssprekend is maak hulle moeilik maatjies in die oorwegend Afrikaanse omgewing.  Daarom besluit sy en haar man toe om hulle by die privaat skool op die nuwe dorp in te skryf aangesien daar darm nog ‘n paar engels sprekende maatjies is.

Maar omdat engelse vriendin nuut is en seker ook omdat sy engelssprekend is, leer sy self ook nie baie mense ken binne die eerste maand en ‘n half van die jaar nie.  Sy gesels dus maar elke oggend met die skoolsekretaresse ‘n paar woorde en so hulle raak goed bevriend.

Een oggend vertel sekretaresse vir haar van die fondsinsameling wat die skool elke jaar hou, waarin die ouers teen mekaar netbal speel.  Hulle oefen net een keer voor die groot dag en dit is regtig elke jaar groot pret!

 

'n Huisie met 'n hart

Ek en skoonsus kry onlangs ’n “lead” vir ‘n ou tafel wat een van ons BoesemBuddies vriendinne soek.  Ons besluit om te gaan inspeksie hou laat een Donderdag middag.

Die pad na die plaas lei ons deur die mooiste gedeelte van Malmesbury wat meeste mense nog nie gesien het nie.  Die plaas lê diep in die klowe van die Paardeberg.

 

Die keer met die aandrokke..

Baie maande terug, in BoesemBuddies se “word-by-mouth” dae, kry ek en skoonsus ’n klomp aandrokke om te verkoop.  Regtig mooi rokke wat van ’n boetiek in die Kaap wat toegemaak het en al die rokke teen ’n skamele R300 per stuk verkoop.

Ons het in daardie tyd nog maar net so tussen ons kennise en vriende gekoop en verkoop, maar met die pragtige rokke moes ons toe ons tegnologiese kant bietjie verken. Ons besluit toe om die rokke af te neem en per e-pos te adverteer.  Die enigste ding was dat ons ‘n bietjie gedruk was vir tyd, want die matriekafskeid was om die draai en omdat dit die laaste stock in die winkel was, was dit almal klein nommertjies, so matriek meisies was ons teikenmark!

 

Social Bookmarking

Add this page to Blinklist Add this page to Del.icoi.us Add this page to Digg Add this page to Facebook Add this page to Furl Add this page to Google Add this page to Ma.Gnolia Add this page to Newsvine Add this page to Reddit Add this page to StumbleUpon Add this page to Technorati Add this page to Yahoo

wit-olifant5

Kontak Ons

René van der Merwe

082 773 9621

rene@boesembuddies.co.za

Anel Horne

083 321 7184

anel@boesembuddies.co.za

RSS Feeds